Cape Town SA
081 268 0048
BA Hons (UP) MA Psych (RAU)
THED (PRET)Cert Child Law (UP)
Accredited Family and Divorce Mediator
(Trained USA & Canada)
& Civil and Commercial Mediator
(ADR Group, London)
REGISTERED COUNSELLING & EDUCATIONAL PSYCHOLOGIST

 

Anne-Marie is 'n praktiserende Sielkundige, geregistreer in twee kategorieë van Sielkunde, d.w.s. as ‘n Voorligting en Opvoedkundige Sielkundige. Sy het hierdie velde gekies as haar voorkeur keuse omdat sy graag in die veld van kindersielkunde wou werk.  Sy het haar studies by die Universiteit van die Vrystaat in Kind en Forensiese Sielkunde en verwante gebiede, voortgesit.  Anne-Marie het die eerste twee jaar van die Ph.D-graad kursus suksesvol voltooi, maar weens gesondheidsredes op daardie stadium en haar werk aan die Kinderwet, Wet 38 van 2005, kon sy nie haar proefskrif voltooi nie. 

 

Anne-Marie het toestemming vanaf die Mediese en Tandheelkundige Raad, nou bekend as die HPCSA, verkry om 'n groep praktyk te begin, die eerste van sy soort in Suid-Afrika. Die praktyk was geleë in Roodepoort.  Aan boord was 'n Psigiater, 'n Pediater, Voorligting, Opvoedkundige en Kliniese Sielkundiges, 'n Spraakterapeut en Arbeidsterapeute.  

 

Ruimte was in die gebou gemaak vir 'n Remediërende onderwyser sowel as vir 'n vrywillige organisasie, CHILDS ~Children in Legal DisputeS.  Die organisasie het bemiddeling, ook bekend as Mediasie, dienste en opleiding in die veld aangebied aan diegene wat nie hierdie dienste in die privaatsektor kon bekostig nie.

 

Die praktyk het onlangs van Roodepoort na Kaapstad verskuif.  Anne-Marie werk egter steeds in samewerking met twee kollegas in Roodepoort en Pretoria.  Chanelle Visser, Kliniese Sielkundige, is haar kollega in Roodepoort en Carol Muhadisa, nog ‘n Kliniese Sielkundige, is haar kollega in Pretoria.     

 

 Anne-Marie was besonder aktief in die georganiseerde beroep oor baie jare en het op verskeie rade, komitees en sub-komitees, gedien.  Sy het ook opgetree as gasdosent by verskeie universiteite en het oor die jare by oorsese konferensies as genooide spreker opgetree of as lid, die kursusse en werkswinkels bygewoon om haar kennisveld te verryk.      

 

Anne-Marie het die lot van kinders in Suid-Afrika na die Verenigde Nasies geneem waar sy op 'n werkskomitee, van die Menseregte Komitee  "Modern Slavery" gedien het.  Sy was die eerste Suid-Afrikaner om deel van hierdie werkskomitee te wees oor die laaste 15 jaar.

 

Anne-Marie het 'n passie vir kinders ontwikkel in situasies waar hulle slagoffers van omstandighede is waaroor hulle geen beheer het nie.  Een van hierdie situasies  is geïdentifiseer as die waar kinders deel van die skeiding tussen en uiteindelik die egskeiding van ehulle ouers is.  okm die kinders by te staan het sy en vrywilligers van CHILDS groepe by skole  begin wat die idee aangegryp het om kinders en ouers by te staan.  Anne-Marie het ook vrywillig haar dienste aangebied by die Kantoor van die Gesinsadvokaat.

 

Anne-Marie is ook opgelei om met volwassenes te werk in haar veld.  

 

U is welkom om haar CV af te laai hier onder indien u meer van haar aktiwiteite wil bekom. 

Laai CV hier af.

 

Reg. No. 1995/002542/21
HPCSA PS 0014710
Practice No 0121037
403 Oasis Life, Fourth Avenue, Pinot Blanc Road,
Burgundy Estate, Cape Town, 7441

081 268 0048
admin@psymed.co.za
www.psymed.co.za
Consulting hours: Mon - Thu 8:30 - 13:00
Friday and afternoons by arrangement